Bakkie en Sol Plaatje-voertuig bots, twee dood

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Bakkie en ‘n Sol Plaatje-voertuig het vanoggend op die Griekwastad-pad ongeveer 8 km buite Kimberley gebots wat twee mense lewens geëis het.

Bakkie en ‘n Sol Plaatje-voertuig bots

Drie ander mense is na ‘n hopsitaal geneem weens ligte tot matige beserings. Nooddienste en die polisie is na die toneel ontbied. Die saak is nou deel van ‘n polisie-ondersoek.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie omdat die naasbestaandes nog in kennis gestel moet word. Die munisipaliteit betuig hulle innige meegevoel met die oorledenes se families.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.

LEES OOK: Khloé Kardashian – aanhangers moet twee keer kyk

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus