Petrus Groenewald (70) steeds vermis na hy spoorloos verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die Da Gamaskop-polisie naby Mosselbaai vra steeds die publiek om hulp met enige inligting oor Petrus (Peet) Groenewald (70) van Keurboomstraat, Hartenbos, wat laas op 9 Maart deur sy vrou gesien is.

”Groenewald het sy woonplek in sy voertuig, ‘n wit Toyota Hilux-bakkie, op genoemde datum verlaat en nooit weer teruggekeer nie. Hy was geklee in ‘n swart kortbroek en ‘n grys T-hemp,” sê sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder.

Petrus Groenewald se bakkie gevind

Sy voertuig is op Woensdagoggend 10 Maart 2021 verlate langs die pad naby Saasveld gevind. ‘n Soektog is later in die omgewing waar die bakkie gevind is, begin.

LEES OOK: Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die 70-jarige vermiste persoon op te spoor, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Karel Cornelius, by die Da Gamaskop-polisie by 044 606 2200 of 079 879 9003 te kontak.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.