KIMBERLEY. – ’n Man, die slagoffer se oom, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat die pa van die slagoffer hom in sy dogter se kamer betrap het waar hy besig was om haar te verkrag.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde (48) het daarin geslaag om na die voorval van die toneel te vlug.
Oom gevonnis na pa hom betrap
“Die man is daarna in hegtenis geneem nadat die saak by die polisie aangemeld is.”
Hy is in die Galeshewe-streekshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte, konst. Beverley Matlhale, geprys vir haar toewyding.
LEES OOK: Twee leeus van park doodgemaak nadat werknemer doodgebyt is
LEES OOK: Cadbury: Sal jy dié romerige sjokoladebier drink?
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



