GAUTENG. – Indien jy werk soek, moet jy altyd op jou hoede vir bedrieërs wees. Dié tipe mense sal gewoonlik ’n bedrag vooraf vereis. Die polisie in Ga-Rankuwa het ’n waarskuwing aan werksoekers en die publiek in die algemeen gerig om nie deur bedrieërs bedrieg te word om geld te betaal in ruil vir werk nie.
Wees op die uitkyk indien jy werk soek
“Geen regeringsdepartement sal geld eis in ruil vir werksgeleenthede nie,” sê die polisie in ’n polisieverklaring.
LEES OOK: Vrou 35 weke swanger, 5 keer deur kêrel gesteek
Die waarskuwing kom ná die inhegtenisneming en verskyning van ’n 31-jarige man in die Ga-Rankuwa-landdroshof, omdat hy na bewering werksoekers bedrieg het en hulle glo ’n bedrag geld moes betaal in ruil vir nie-bestaande werksgeleenthede by ’n staatsdepartement.
Verdagte ook met ander misdade verbind
Makhosonke Ernest Mlangetsha sal op 10 Maart 2021 sy tweede verskyning in die hof maak.
Die polisie het na verskeie ondersoeke bevind Mlangetsha het glo soortgelyke misdade in Limpopo gepleeg. Mlangetsha sal in aanhouding vir verdere ondersoek bly.
LEES OOK: Love Island – sosiale media loop oor van kritiek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



