SUID-AFRIKA. – Die eerste episode van die reeks Love Island is Sondagaand op MNET uitgesaai, maar kykers kan nie ophou kla oor die “swak produksiegehalte” en “tekort aan diversiteit” nie.
“Ek is mal oor Love Island, maar die kwaliteit van die kamera was nie goed nie. Die mikrofone het ook die helfte van die tyd probleme gegee en dan kan mens skaars hoor wat gesê word,” sê ’n aanhanger op Instagram.
Mense het op sosiale media geskryf die klank was op sekere dele van die program af en die produksiespan kon ook op tye gesien en gehoor gepraat word.
Behalwe vir dié, kla kykers oor diversiteit. “So vertel julle aan almal Suid-Afrika is wit? Waar is die diversiteit?” vra een kyk op Instagram.
“Hoekom skiet julle ’n program in Suid-Afrika sonder swart mense?” vra nog iemand.
Verskeie spotprente word ook gemaak en op sosiale media geplaas:
LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.





