‘Regering erken in hofstukke privaatsektor mag Covid-19-entstowwe koop’

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is geen wetlike beperking vir die privaatsektor om entstowwe teen die koronavirus te koop nie. Inentings word tans net deur die regering beheer en antwoorde oor die verkoop van entstowwe deur die privaat sektor word geëis.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Solidariteit en AfriForum het vandag aangekondig dat die regering onder eed in sy hofstukke erken het dat daar geen wetlike beperking op die aankoop van Covid-19-entstowwe deur die privaatsektor is nie. Dit volg nadat die twee organisasies met regsaksie teen die regering gedreig het om enige wetlike uitsluiting van die privaatsektor, met die aankoop van entstowwe, ongrondwetlik te verklaar.
 
“Die staat het ’n geskiedenis van mislukking. Die SAL het geval, Eskom het ons ligte afgesit, munisipaliteite is bankrot en Denel kan nie salarisse betaal nie. Die regering het nie die vermoë om alleen die entstofproses te bestuur nie. Dit sluit aankope in. Die privaatsektor moet betrokke wees by die volle entstofwaardeketting – van aankope tot toediening. Om dit te verseker, het Solidariteit en AfriForum hof toe gegaan om die nasionalisering van die entstofproses te verhoed,” sê Hermann.

LEES OOK: Vrou glo deur taxibestuurder en medepligtige verkrag