R350 vir seksslaaf om te ontsnap

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Lyke Ikachuku (37), wat glo ’n vrou (23) as seksslaaf aangehou het, het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein op aanklag van mensehandel verskyn.

Die voorval het vanaf 20 Desember 2020 tot 14 Februarie 2021 gestrek. Ikachuku het die vrou glo gevra om sy vriendin te wees en het ’n haarsalon en ’n musiek-studio aan haar belowe.

Seksslaaf

Hy het haar na sy huis geneem waar hy haar na bewering gyselaar gehou het en forseer het om ’n seksslaaf te wees.

Winste vir homself gehou

Hy het glo sy slagoffer by verskillende geleenthede by verskillende gastehuise ingeboek om kliënte te ontmoet. Hy het na bewering die winste van haar werk vir homself gehou.

Ontsnap

Sy het ontsnap nadat ’n kliënt vir haar R350 gegee het om weg te hardloop. Sy is na die polisie wat die saak na die Valke verwys het.

LEES OOK: Vrou glo deur taxibestuurder en medepligtige verkrag

Ikachuku is op Vrydag 26 Februarie 2021 in hegtenis geneem

Die saak teen Ikachuku is vir formele borgtogaansoek tot Maandag 8 Maart 2021 uitgestel.

Lees meer artikels hier.