KWAZULU-NATAL. – ’n Voetganger (25) is gister glo deur ’n taxibestuurder en ’n medepligtige met ’n geweer gedreig en verkrag.
Volgens FlyingNews is die vrou in ’n suikerrietveld uitgegooi nadat sy verkrag is. Sy het ’n verbygaande motor op die snelweg gestop en die polisie is ontbied.
LEES OOK: Twee mans verdrink glo tydens doopseremonie
Volgens die slagoffer is sy MIV-positief, maar het dit nie vir haar verkragter gesê nie, want sy was te bang hulle gaan haar skiet.
Foto: FlyingNews



