SASSA-beampte op borg vrygelaat na beweerde R4 miljoen se bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA – Alina Dimakatso Nkwanyana Selepe, ’n SASSA-beampte, is Maandag op borg van R3 000 vrygelaat nadat sy deur lede van die Valke in hegtenis geneem is op aanklag van R4 miljoen se bedrog.

SASSA-beampte op borg vrygelaat

Kapt. Sekgotodi Dineo Lucy, polisiewoordvoerder, sê in 2006 was daar ’n pos vir administrasie van spanleiers in die departement van SASSA geadverteer. Die verdagte het na bewering ’n vervalste matrieksertifikaat ingedien, omdat matriek een van die vereistes vir die werk was. Op grond hiervan is die verdagte aangestel.

Beweerde vervalste matrieksertifikaat

“Die SASSA-kantoor is ondersoek en die kwalifikasies is deur die Departement van Onderwys geverifieer. Daar is toe ontdek haar matrieksertifikaat is glo vals. Die saak is gedurende Desember 2020 aan die Valke gerapporteer en die ondersoek het aan die lig gebring die verdagte het die regering tussen 2006 en 2020 meer as R4 miljoen se salaris gekos,” sê Lucy.

Die SASSA-beampte wat vrygelaat is, sal op 26 Maart weer in die hof verskyn.

LEES OOK: Tiener in hegtenis na hy glo agtjarige met handdoek mishandel

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.