Vrou 35 weke swanger, 5 keer deur kêrel gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Tshokolo Nelson Mohlafu (35) en sy meisie, Liza Tyumbo (23), wat 35 weke swanger was, het na ’n sokkerwedstryd gaan kyk, waarna hy haar vyf keer gesteek het omdat sy volgens hom disrespekvol teenoor hom was.

Na ’n maand in hegtenis geneem

Tyumbo se stiefpa het Mohlafu probeer keer, maar hy is ook gesteek. Tyumbo se ma het hom ook probeer wegstoot. Mohlafu het na die voorval weggehardloop en is ’n maand later in hegtenis geneem.

Die voorval het in die informele nedersetting Mokoai Moletsane in Reddersburg plaasgevind. Mohlafu is in die Vrystaat-hooggeregshof tot 20 jaar gevangenisstraf vir die moord op sy swanger meisie gevonnis.

Geen berou oor meisie wat 35 weke swanger was se dood

“Die moord op die oorledene was wreed. Sy het op haar rug geval toe sy van die beskuldigde wou weghardloop, maar hy het haar vyf keer gesteek. Hy het geweet sy is agt maande swanger, maar hy het nie omgegee vir die ongebore baba nie. Die gemeenskap van Reddersburg was woedend oor hierdie voorval en die beskuldigdes het nie berou getoon nie,” het die staatsaanklaer, advokaat Tholoana Sekhonyana, in die polisieverklaring gesê.

LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker

Volg FiND iT hier vir sie nuutste nuus.