Roets se Twitter-plasing oor landsvlag nie haatspraak nie

Deel hierdie storie / Share this story

SUID – AFRIKA – ’n Aansoek teen ’n Twitter-plasing van die ou landsvlag is vandag deur die gelykheisdshof afgekeur.

Die aansoek deur die Nelson Mandela-stigting teen Ernst Roets, die hoof van beleid en aksie by Afriforum, kom nadat die gelykheidshof van Suid-Afrika op 21 Augutus bevind het dat die vertoon van die ou landsvlag van Suid-Afrika gelyk is aan haatspraak.

Roets het kort na die hof se beslissing die vlag op Twitter geplaas en gevra of dit nou as haatspraak gesien kan word. Lees ons vorige berigte, Vertoon van ou Suid-Afrikaanse landsvlag is haatspraak en Kimberliete sê oor die landsvlag.