KIMBERLEY – ’n Bekende prokureur van Kimberley wat na bewering ’n 28-jarige vroulike kollega aangerand het, is nog nie in hegtenis geneem nie.
Die beweerde aanranding het op 5 September by ’n werksplek in die stad plaasgevind. ’n Klag van aanranding, intimidasie en crimen injuria word deur die polisie ondersoek. Lees ons vorige artikel, Vrou (28) kla prokureur aan vir aanranding.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder vir die polisie, sê die verdagte is nog nie gearresteer nie. Die ondersoek duur voort.
Die aantygings kom gedurende ’n nasionale opstand teen geslags-gebaseerde geweld.



