Vrou (28) kla prokureur aan vir aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Prokureur van Kimberley word ondersoek nadat ’n kollega, ’n 28-jarige vrou, ’n klag van aanranding, intimidasie en crimen injuria by die polisie geopen het.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder vir die polisie, sê die voorval het na bewering op 5 September by ’n werksplek in die stad plaasgevind.

Die vrou het glo die beskuldigde se kantoor besoek om werk te bespreek. Gedurende die gesprek het hy haar na bewering geïntimideer, name genoem en gestamp.

Mooi sê niemand is tot dusver hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.