Het jy al gehoor van hipnoterapie? Stephné Serfontein, van FiND iT het gegaan vir hipnoterapie om op te hou rook. Sy vertel na vier weke oor of sy regtig opgehou rook het.
Hoe lank is dit nou al wat jy opgehou rook het?
“Vrydag 6 September was dit ’n maand.”
Hoe voel jy?
“Gesond en lus vir die lewe.”
Was jy intussen al lus vir rook?
“Ja, maar die reuk sit my af en as ek lus raak, doen ek net my anker-oefening wat Irene my geleer het.”
Hoeveel geld spaar jy in ’n maand nou dat jy nie meer rook nie?
“So plus-minus R1200 per maand.”
Vertel ons hoe die hipnoterapie jou gehelp het en hoekom dit jou gehelp het?
“Enigeiets is ‘all in your mind’. So met die hipnose is dit basies ’n hulpmiddel wat net jou laat glo en besef dat hierdie berg eintlik net ’n trappie is en net jy alleen kan die tree gee.”
Sal jy weer teruggaan vir hipnoterapie?
“Vir rook? Nee, want ek het nie opgehou om weer te begin nie, maar verseker as ek enige ander struikelblok in my lewe kry. Irene is ’n engel en sy weet presies hoe ’n mens se kop/brein werk. Ek sal haar aanbeveel vir enige persoon wat ’n behoefte het. Ek en sy het met my tweede sessie na die hipnose, só gesels dat sy meer as net my rook gewoonte gestop het. Dankie Irene, my droom om weer fiks en aktief te kan wees, is nou weer op spoed, sonder sigarette en met gesonde longe.”
Jy kan die video van die hipnose hieronder kyk. Irene Haasbroek van Ateraksi kan by 0823785780 gekontak word vir jou A-Z psigiese en emosionele gesondheid.



