KIMBERLEY – Stanford “James” Moeng het vandag op aanklag vir die moord van Avalisha “Moeder” Davids, ’n ma van twee, in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
Kêrel vermoor vriendin by taverne
Moeng het na bewering vir Davids na ’n taverne in John Dakastraat in Galeshewe gevolg en met ’n mes doodgesteek.
Die beskuldigde het borgtog van die hand gewys.
Gemeenskap sê nee vir borgtog
Dennis Fritz, ’n ANC-wyksraadlid vir wyk 8, en ’n groep vroue het voor die hof bymekaargekom om die beskuldigde se borgtog teen te staan.
Stem vir die stemloses
Fritz sê hulle gee ’n stem vir die stemlose in die gemeenskap. Hy sê die saak verdien dieselfde publisiteit en verontwaardiging deur Suid-Afrikaaners as die ontvoering van Amy’Leigh de Jager en die moord op Uyinene Mrwetyana.
Fritz sê hulle sal op die hof se dak betoog indien dit nodig is om die publiek se aandag op die saak te vestig.
Die moordsaak duur voort.



