GAUTENG. – Beskuldigde nommer twee en drie wat vir beweerde dwelmhandel saam met nog drie beskuldigdes in hegtenis geneem is, is gister elk in die Kemptonpark-landdroshof op R15 000 borg vrygelaat.
Kol. Katlego Mogale van die Valke sê die besending dwelms, vyf sakke van 100 kg elk, is op 7 Oktober 2023 in Australië ontdek.
Stanley Nkuna (33), Justice Mahloma (44), Madimetje Mahangwhane (41), Thulani Sibiya (31) en Fuba Mahlangu (40) is sedert 15 November 2023 in aanhouding toe die Valke in Gauteng hulle in hegtenis geneem het.
Die verdagtes het volgens Mogale reeds verskeie keer vir ‘n formele borgaansoek in die hof verskyn. Die voorsittende beampte het aangedui die beskuldigdes was nie tegemoetkomend oor bewyse om die hof te help om ‘n ingeligte besluit oor die borgtogaansoeke te neem nie.
Beskuldigde een, vier en vyf kon nie bewys van spesiale omstandighede vir borgvrylating aan die hof voorsien nie en is daarom borgtog geweier.
Die beskuldigdes wat borg ontvang het, mag nie die provinsie verlaat sonder om die ondersoekbeampte op skrif daarvan te verwittig nie.
Die saak is tot 30 April uitgestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



