LIMPOPO. – Francois van der Merwe (25) van die Bittereinders-jeugbeweging se borgtogaansoek in die saak wat deur die polisie gemaak is, het gister weer in Groblersdal-landdroshof voorgekom, maar hy het nie borg gekry nie.
Die saak is tot 15 Februarie uitgestel.
Willem Petzer het ‘n plasing gemaak wat sê: “Francois van der Merwe bly nog steeds toegesluit. Saak uitgestel tot die 15e Februarie. My hart is gebreek. Dis al 22 dae!”
Van der Merwe is op 24 Januarie tydens ‘n goedgekeurde, vreedsame optog op Groblersdal vir aanranding in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding.
Kol. Malesela Ledwaba het gesê Van der Merwe is vir aanranding en verhindering van die polisie in die uitvoering van hulle pligte in hegtenis geneem.
Die uitstaande klagte van aanranding by Wonderboompoort-polisiestasie in Gauteng wat ook teen Van der Merwe aanhangig gemaak was, is intussen deur die klaer teruggetrek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



