GAUTENG. – Louie Niemann is glo Saterdagaand by Maders-kroeg in Paul Krugerstraat in Pretoria tydens ‘n beweerde aanranding ernstig beseer.
AO Johan van Dyk het aan FiND iT bevestig die Wonderboompoort-polisie ondersoek ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Van Dyk sê die speurtak-bevelvoerder bevestig ‘n operasie is op Niemann uitgevoer en dat die staat Dinsdag ‘n dossier geopen het, aangesien daar nie ‘n saak geregistreer was nie.
Volgens Van Dyk sal inligting en CCTV-opnames vandag as deel van die ondersoek nagegaan word met die doel om ‘n inhegtenisneming te maak.
Brendon Steenkamp het ‘n plasing van die gebeurtenis op sosiale media gemaak en vir gebed gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



