Lees ook: Portugese polisie vra Madeleine McCann se ouers om verskoning
DUITSLAND. – Die hoofverdagte in die verdwyning van Maddie McCann sal op 16 Februarie in die hof verskyn vir ’n onverwante verkragtingsaak.
Christian Brückner moet op 16 Februarie in die hof voorkom op vyf aanklagtes van verkragting en die seksuele mishandeling van kinders tussen 2000 en 2017 in Portugal. Hy dien reeds ’n sewe jaar vonnis uit vir ’n verkragting wat in 2005 in Portugal plaasgevind het.
Brückner is in 2022 ’n formele verdagte deur die Portugese polisie in die verdwyning van Maddie McCann gemaak. McCann het op 3 Mei 2007 verdwyn terwyl haar familie met vakansie in Portugal was.
Brückner was ten tyde van haar verdwyning in Portugal naby die Ocean Club waar sy verdwyn het. Hy het alle betrokkenheid by haar verdwyning ontken en is nie aangekla daarvan nie.
Bronne: BBC, Frontline Press, Yahoo News
Lees ook: Portugese polisie vra Madeleine McCann se ouers om verskoning



