Verdagtes vir die ‘besit van ongelisensieerde gewere’ se borgaansoek kom Vrydag voor

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Vyf verdagtes se borgaansoek vir die beweerde besit van vier ongelisensieerde gewere en ammunisie is tot Vrydag in die Komatipoort-landdroshof uitgestel.

Kol. Donald Mdhluli sê Mzwandile Dlamini (24), Sanele Sambo (25), Colleen Nkuna (26), Elliot Mphika (66) en Musa Bhembe (69) bly in aanhouding.

Polisielede van Durban-hawe wat in Mpumalanga diens doen, was op patrolliediens toe hulle ‘n Toyota Land Cruiser met vyf insittendes by die Mananga-en-Coopersdal-afrit in Komatipoort voorgekeer het.

Mdhluli sê tydens deursoeking van die voertuig is vier gewere en ammunisie, wat agter die voertuigsitplekke weggesteek was, gevind.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle nie wettige lisensies vir die wapens en ammunisie kon voorsien nie .

Die borgaansoek van die verdagtes sal Vrydag aangehoor word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.