NEW HAMPSHIRE, ENGELAND. – ’n Vrou (60) het Maandagmiddag in New Hampshire in die agterkant van ’n vullislorrie beland. Sy het glo aanvanklik in haar erf se vullisblik geval toe sy vullis weggegooi het.
Die vullis is vier maal saamgepers voordat die drywer haar op die kamera gesien het. Volgens ooggetuies het dit geklink asof sy vreeslik pyn gehad het.
Brandweermanne se hulp is ingeroep. Hulle het die vrou met behulp van ’n brandweerwa uit die agterkant van die vullislorrie gehaal.
Dit is nie duidelik hoe lank die vrou in die vullisdrom was voordat sy in die vullislorrie beland het nie. Sy is in ‘n ernstige toestand in ’n Manchester-hospitaal opgeneem. Die omstandighede rondom die insident word ondersoek.
Bronne: Independent, All Slides, Ground News



