Armand Hofmeyr wou weet wat ‘almal verkeerd het’

Deel hierdie storie / Share this story

Kommentaar het behoorlik gevloei toe die sanger Armand Hofmeyr ’n vraag aan sy aanhangers op sy Facebook-blad gevra het: “Wat sou jy sê is iets wat almal verkeerd het? Ek’t baie, veral van kos en supplements,” het hy geskryf.

Aanhangers het kwinkslae soos “Klere se sizes wat sê, one size fits all. One size definitely doesn’t fit all,” en “Sunscreen is ‘gesond’ vir jou. Dit blok nie net die son nie, dit blok ook die vel se vermoë om vitamiene D te absorbeer.”

Hofmeyr self het ’n paar interessanthede kwytgeraak. Volgens hom het “lemoene nie die meeste vitamien C nie, … guava het,” en “Knoffel is wit, nie geel nie.”

Verskeie mense was in hulle skik met sy plasing en het dit as vermaaklik beskou. “Hierdie was ’n lekker lees. Deel gerus nog behulpsame inligting. Baie van dit het ek wel geweet, maar ek het ’n ding of twee geleer en is dankbaar vir dit,” het een geskryf.

Bron: Armand Hofmeyr Facebook-blad