Nelson Mandela-veiling opgeskort

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ma glo vir 20 minute op foon besig terwyl baba verdrink

NEW YORK, VSA. – Die veiling van 70 persoonlike besittings van die voormalige president Nelson Mandela is opgeskort.

Dit volg na die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahea) en die regering hof toe gegaan het om te keer dat Mandela se oudste dogter kan voortgaan met die veiling. Hulle is van mening Mandela se besittings moet in Suid-Afrika bly.

Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het die items op veiling geplaas by Guernsey’s-afslaers in New York. Die veiling sou in Februarie plaasvind. Sy het in Desember ’n hofsaak gewen om voort te gaan met die veiling, maar die veilingshuis wil teen die hof se besluit appelleer.

Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap het aan Netwerk24 gesê hulle het Guernsey’s gevra om die veiling op te skort tot alle hofsake oor die nagelate items agter die rug is.

Bronne: DW – South Africa, Jacaranda FM, TimesLIVE

Lees ook: Ma glo vir 20 minute op foon besig terwyl baba verdrink