Kyk: Vermeende verdagte met behulp van helikopter vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee beweerde verdagtes is Dinsdag tydens ‘n hoëspoedjaagtog agtervolg. Albei het laat spaander toe die taxi waarin hulle gery het, tot stilstand gekom het. Een van die mans is in hegtenis geneem, maar ‘n helikopter is ingespan om die tweede beweerde verdagte vas te trek.

Volgens Reaction Unit South Africa was ‘n reaksiebeampte omstreeks 09:42 in Fairviewrylaan in Brindhaven op patrollie. Die beampte het glo gesien hoe insittendes in ‘n wit Toyota Quantum op ‘n gemerkte Road Traffic Inspectorate (RTI)-voertuig losbrand en dit van die pad probeer druk.

Die Quantum-minibus het in Robinstraat tot stilstand gekom en twee mans het uitgespring en in verskillende rigtings gevlug.

Een van die verdagte mans (23) is by Nightingale-sirkel vasgetrek. Hy was Dinsdag vir ‘n eerste dag as “kondukteur” van die taxi aan diens.

Volgens Rusa is die soektog in die Robinson R44-helikopter na die bestuurder van die minibus, die ander vermeende verdagte, onderneem. Die helikopter het die wegkruipplek ontbloot waar die bestuurder weggekruip het en hy is in Dawncrest in hegtenis geneem. Die bestuurder (24) het aan beamptes verduidelik die minibus is nie padwaardig nie en is Maandag deur die polisie geskut. Sy werkgewer het hom opdrag gegee om nie weer vir owerhede te stop nie.

Met dié wat hy na bewering die verkeersbeamptes gesien het, het hy oor ‘n rooi lig gejaag en roekeloos bestuur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.