Ma glo vir 20 minute op foon besig terwyl baba verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Meyiwa-beskuldigdes se prokureur glo aangekla van poging tot moord

MICHIGAN, VSA. – ‘n Vrou (23) is verlede week in hegtenis geneem na die verdrinking van haar agt maande oue baba.

Die polisie het gesê Olivia Miller het in November vir 20 minute op die foon gepraat terwyl haar seun, Asher Johnson, in die bad verdrink het.

Sy word aangekla van onwillkeurige manslag en kindermishandeling. Nooddienste is in November 2023 na haar woning ontbied waar die baba op die sitkamervloer gekry is.

Asher se oorsaak van dood was verdrinking. Miller se storie het gereeld verander tot die polisie besef het sy was vir 20 minute op die foon besig terwyl Asher verdrink het. Sy het haar seun se ouma twee keer gebel voor sy die nooddienste gebel het.

Miller het ook ‘n boodskap vir haar pa gestuur om te sê sy wou “net probeer gesels terwyl ek tyd het terwyl Asher slaap” vier minute voor sy 911 gebel het.

Sy is nog in aanhouding en het onskuldig gepleit op alle aanklagtes. Haar saak is op 7 Februarie weer in die hof.

Bronne: The Independent, Law & Crime, IScanInfo

Lees ook: Meyiwa-beskuldigdes se prokureur glo aangekla van poging tot moord