Drie militante dood na Israeliese soldate hospitaal invaar

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel

JENIN, WESBANK. – Drie Palestynse militante is dood na Israeliese soldate ’n hospitaal in Jenin ingevaar het.

Die soldate was vermom as mediese personeel. Hulle het inligting ontvang dat militante in die hospitaal skuil en een van plan was om ’n aanval uit te voer.

Hamas het gesê “drie vegters” is dood, insluitend een van hulle lede.

Die ander twee oorledenes het aan die Palestynse Islamitiese Jihad behoort. Hulle het gesê die twee was broers en een was in die hospitaal vir behandeling.

Bronne: BBC, The Guardian, AOL

Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel