R6.6 m. vir kinders van afgestorwe polisielede ingesamel op Nasionale Polisiedag

Deel hierdie storie / Share this story

NASIONAAL. – Met die viering van Nasionale Polisiedag wat sedert 2005 op 27 Januarie plaasvind, is geld ingesamel vir die kinders van afgestorwe polisielede wat tydens hulle dood aan diens was. Tydens ‘n gholfdag waaraan 100 spelers deelgeneem het, is altesaam R6.6 miljoen vir dié goeie doel belowe.

Brig. Athlenda Mathe sê die afgelope vier jaar het 140 polisielede hul lewens aan diens verloor en die meeste van die oorledenes was die broodwinner in hul familie.

Die 100 gholfspelers van verskeie korporatiewe maatskappye in die land het die geld ingesamel wat vir opvoedkundige behoeftes van die kinders aangewend sal word. Die geld word in die SAPSET (South African Police Service Education Trust Fund) inbetaal waarby kinders van graad RR tot op tersiëre vlak sal baat vind.

Mathe sê tot op hede het SAPSET altesaam 1 078 kinders bygestaan waarvan 54 gegradueer het en 146 gematrikuleer het.

Borge en skenkers is vir hul ruimhartigheid bedank.

“These funds go a long way in making a meaningful difference in the lives of these children left behind. The least we can do is ensure these children dont carry an extra burden of stressing about school fees, books, school uniform, knowing their educational needs have been taken care of. We hope more corporates and the overall business fraternity will in future come on board to support this cause”, het polisieminister Bheki Cele gesê.

Mathe sê: “SAPSET is managed by a board of trustees whose responsibility is to ensure they source and raise funds to keep these children in school. The Chairperson of this board is Mr Vuyani Jarana.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.