Tweede verdrinking binne week in Seshego, Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

SESHEGO, LIMPOPO. – ’n Seun (11) het Sondag verdrink nadat hy glo ’n stroom in Seshego buite Polokwane wou oorsteek. Hy was na bewering sonder ouertoesig saam met sy sibbe van onderskeidelik drie en 13 jaar oud.

Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die dertienjarige het huis toe gehardloop en volwassenes van die voorval ingelig. Die elfjarige seun is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Sy liggaam is uit die rivier gehaal. Die omstandighede rondom sy dood word ondersoek.

Genl.maj. Jan Scheepers, provinsiale SAPD-kommissaris, het ’n beroep op ouers en voogde  gedoen om die veiligheid van hulle kinders ernstig op te neem om sodoende verdrinkings te voorkom.

Dit is die tweede verdrinkingsvoorval in die Seshego-gebied binne ’n week.

Bronne: Jacaranda FM, Limpopo Chronicle, Capricorn FM