WES-KAAP. – Tafelberg Nasionale Park het Dinsdag ’n waarskuwing aan strandgangers oor dryfsand op die Noordhoekstrand uitgereik. Dit volg na Bitou, ’n perd, die oggend in dryfsand vasgeval het. Strandgangers is gewaarsku om die area te vermy terwyl die situasie gemonitor is.
Marilize Burger vertel haar perd het self uit die sand probeer spring terwyl sy op sy rug was. Hy het ’n paar keer probeer, maar kon nie uitkom nie. Sy het hom glo ruskans gegee en toe aangemoedig om weer te probeer nadat sy hard aan die leisels getrek het.
“Ek het hom gelei, maar het toe self in die dryfsand vasgesit,” vertel sy. Volgens haar het sy haar perd laat gaan sodat hy huis toe kon hardloop. “Hy ken die pad huis toe en dit was veiliger so.”
Sy het ’n kennisgewing op ’n noodgroep geplaas sodat iemand vir Bitou kon aankeer en koudlei. Beide sy en die perd is ongedeerd.
Bronne: SANParks – Table Mountain National Park, Friends of Dog Walkers, Facebook



