TARBES, FRANKRYK. – William Repakis (13) is Saterdag tydens ’n tenniswedstryd gediskwalifiseer nadat hy vir die skeidsregter middelvinger gewys het.
Repakis, ’n opkomende Sweedse tennisspeler, het teen Rafael Thao Keuang in die Les Petits-tennistoernooi in Frankryk gespeel. Volgens die skeidsregter het ’n bal komende van Keuang binne die baan geland, en hy het ’n beslissing daarvolgens gemaak. Die bal het egter eintlik volgens die beeldmateriaal en Repakis buite die baan geland.
Repakis het die skeidsregter probeer oortuig, maar die beslissing was finaal. Opnames van die wedstryd wys hoe Repakis gevolglik vir die skeidsregter vloekvinger gooi.
Hy is gediskwalifiseer en het met sy raket op die baanoppervlak geslaan. Die Les Petits-toernooi het al suksesvolle tennisspelers soos Rafael Nadal en Novak Djokovic opgelewer.
Kyk hier na die voorval:
Bronne: Tennis Infinity, Sportsmanor, Sportskeeda



