Dwelmmiddels van R90 m. deur Wes- en Oos-Kaap vernietig

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP, OOS-KAAP. – Die polisie in die Kaap het onlangs met dwelmmiddels ter waarde van R90 m. wat tydens opsporingsoperasies en padblokkades onderskep was, weggedoen.

Brig. Athlenda Mathe sê die vernietiging het onder die bevel van genl. Fannie Masemola, die nasionale kommissaris, in Kaapstad plaasgevind.

Mathe sê tik, kokaïen en Mandrax-tablette is onder andere vernietig.

Hierdie is die polisiediens se vierde vernietigingsproses in die huidige finansiële jaar. Gedurende Oktober verlede jaar is met R800 m. se dwelmmiddels in Gauteng weggedoen. Dit bring die bedrag van die dwelms wat in die huidige finansiële jaar vernietig is op bykans R1 bn. te staan.

Gedurende die vorige finansiële jaar is ‘n totaal van 6 ton dwelms, oftewel R2 bn. se dwelms deur die polisie vernietig.

“It is worth noting that in the past three months, police have seized cocaine worth R 200 million in various drug busts at our ports of entry. The first two consignments of cocaine were seized at the Durban harbour in October and the other major bust worth R65 million was detected in November at the Gqeberha sea port.This drug destruction thus demonstrates the relentless efforts of our men and women in blue to remove these drugs that destroy lives and livelihoods”, sê genl. Masemola.

“It is important to note that the SAPS embarks on this process on a regular basis and that drugs that are being destroyed are identified by means of court orders, illustrating the finalisation of cases.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.