OOS-KAAP. – Mthatha-polisielede het Maandag omstreeks 16:30 ‘n vragmotor met beeste wat glo gesteel was teruggevind. Drie verdagtes, onderskeidelik twee mans, 26 en 37 jaar oud, beide van Mount Frere, en ‘n vrou (53) is vir die beweerde besit van gesteelde vee in hegtenis geneem en aangekla.
Kapt. Welile Matyolo sê polisielede het inligting van ‘n vragmotor met beweerde gesteelde beeste wat onderweg was na Mthatha opgevolg toe hulle die geïdentifiseerde vragmotor op die N2 Ngqwale-uitbreiding naby Vidgesville opgemerk het.
Volgens Matyolo was daar 22 beeste op die vragmotor0. Die beeste is positief deur hulle eienaar, wat ‘n veediefstalsaak by Mount Frere oopgemaak het, op die toneel uitgeken.
Die beweerde vroulike eienaar van die vee is deur Mthatha-Sentraal-polisiestasie ontbied. Polisielede het op ‘n kalf wat agter die voorste sitplek van haar Isuzu-bakkie gelê het, afgekom.
Die drie verdagtes, insluitende die vrou, is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee in hegtenis geneem en sal binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



