Verdagte wat vriend ‘steek en brand’ bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Johny Johannes Potgieter wat na bewering Maandagoggend 22 Januarie vir Jamie van Tonder (47) met ‘n mes gesteek en gedeeltelik verbrand het, se moordsaak is in die Bloemhof-landdroshof tot 5 Februarie uitgestel. Potgieter sal in aanhouding bly totdat die saak vir sy formele borgaansoek voorkom.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone het Potgieter na bewering vir Van Tonder, sy vriend, net ‘n mes gesteek waarna hy glo na sy ouerhuis is en hulle van die voorval ingelig het.

Sy ouers het hom glo na sy huis vergesel waar Van Tonder se liggaam, gedeeltelik verbrand en met ‘n steekwond, in ‘n agterste kamer aangetref is.

Mokgwabone sê die polisie is na die toneel ontbied, waarna Potgieter in hegtenis geneem en die polisie op ‘n mes en bloedbevlekte klere beslag gelê het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.