Hamas oorweeg voorstel vir skietstilstand

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober

GAZA. – Die Hamas- politieke leier, Ismail Haniyeh, het bevestig hulle is besig om ’n nuwe skietstilstandvoorstel te oorweeg.

Die groep is genooi om die voorstel met Israel, die VSA, Katar en Egipte te bespreek. ’n Ses weke skietstilstand word voorgestel met meer gyselaars wat vir Palestynse gevangenes geruil sal word.

Haniyeh het gesê Hamas se prioriteit is ’n permanente skietstilstand en die Israeliese weermag wat ten volle onttrek, maar Israel het geweier.

Benjamin Netanyahu het aangedring die oorlog sal nie eindig voor ’n “totale oorwinning” bereik is nie, wat die uitroei van Hamas en vrystelling van alle gyselaars beteken.

Bronne: BBC, The Guardian, The Irish Times

Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober