Lees ook: Drie militante dood na Israeliese soldate hospitaal invaar
GAZA. – Israel beweer 13 lede van die VN se Palestynse agentskap (UNRWA) in Gaza was deel van Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober.
Hulle het gesê die 13 werknemers het op verskeie maniere gehelp, van deelname in die ontvoering van gyselaars tot die opstel van ’n operasiekamer.
Die Israeliese owerhede beweer van die 13 werknemers is 10 glo deel van Hamas, twee is deel van die Palestynse Islamitiese Jihad en een se affiliasie is onbekend.
Die agentskap het verskeie werknemers na die beskuldigings afgedank. Nege mense is afgedank, een is dood en die identiteite van twee ander word nog bevestig.
Verskeie lande het hulle finansiële steun van die agentskap na die bewerings onttrek.
Bronne: BBC, CNN, Reuters
Lees ook: Drie militante dood na Israeliese soldate hospitaal invaar



