Lees ook: Vier mense dood na skietery by taverne
PHUTHADITJHABA – ‘n Verdagte het gister in die hof verskyn na hy glo op mense in ‘n taverne geskiet het en een gedood het.
Die verdagte het glo Sondag buite die taverne in Phuthaditjhaba Mantsubisestraat op mense begin skiet. Hy het ingegaan, weer geskiet en toe geloop. Drie mense is raakgeskiet en een is oorlede. Die ander twee slagoffers is in die hospitaal.
Polisie het die verdagte Maandag in hegtenis geneem. Hy word van moord en poging tot moord aangekla. Die rede vir die aanval is nog onbekend.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vier mense dood na skietery by taverne



