VSA vloot skiet Hoethi-vuurpyl af

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober

ROOISEE. – ’n VSA-vlootskip het gisteraand ’n vuurpyl wat deur Hoethi-rebelle gevuur is, afgeskiet.

Die VSA het gesê geen skade of beserings is aangemeld nie.

’n Hoethi- militêre woordvoerder het gesê hulle aanval is ’n “oorwinning vir die onderdrukking van die Palestynse mense en ’n antwoord op die Amerikaans-Britse aggressie teen ons land.”

Hulle het ook gesê alle Amerikaanse en Britse oorlogskepe naby Jemen sal uit “selfverdediging” geteiken word.

Bronne: The Irish News, AP News, The Telegraph

Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober