Vierde voertuig beland vanoggend in dieselfde sinkgat – gesin beseer

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – In ‘n vierde insident vir die oggend het ‘n voertuig op die hoek van Hoofweg en Ridley Parkweg in Malvern, wes van Durban in dieselfde sinkgat wat met water gevul is, beland. Vier persone van ‘n gesin is beseer.

Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics is hulleomstreeks 07:00 na die toneel waar die insittendes van die voertuig reeds uitgehelp was.

Jamieson sê twee volwassenes en twee kinders het as gevolg van die impak ligte tot matige beserings opgedoen en het ook water gesluk. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle vir verdere mediese hulp na verskillende hospitale vervoer is.

Die SAPD en metropolisie is op die toneel teenwoordig.

Motoriste word aangeraai om die area waar die sinkgat is te vermy.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.