GAUTENG. – ‘n Prokureursfirma is deur die Gauteng-onderwysdepartement aangestel om die dood van Latoya Temilton, ‘n gr. 7-leerder, te ondersoek. Sy is Saterdag op ‘n leierskamp van Laerskool Queenswood in ‘n swembad by die Wag ‘n Bietjie-oord op Witkoppen dood.
Steve Mabona van die onderwysdepartement in die provinsie sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys, het Nchupetsang-prokureurs Maandag tydens ‘n besoek aan die skool voorgestel om die omstandighede van Temilton se dood te ondersoek.
Die ondersoek waartydens onderhoude met alle leerders, onderwysers, die skoolhoof, skoolbeheerliggaam, die skool se bestuurspan en die familie as betrokkenes gevoer sal word, is verduidelik.
Voorts sal die ondersoekspan die oord en toneel besoek, met die personeel praat en na CCTV-beeldmateriaal kyk.
In samewerking met die polisie sal kontak met die oorledene se familie oor die uitslag van die ondersoek behou word.
Mabona sê die ondersoek sal sewe dae duur, waarna aanbevelings deur die onderwysdepartement in werking gestel sal word.
Die familie van die oorledene, wat met begrafnisreëlings in Mpumalanga besig is, kon nog nie met die prokureursfirma ontmoet nie, maar reëlings sal daarvoor getref word.
“The school has assured their full co-operation in this investigation, which is crucial to determine allegations and circumstances surrounding this incident. As the department, we wish to prevent incidents of this nature from occurring in the future.” het die LUR gesê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



