Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis
Eskom het gistermiddag aangekondig beurtkrag sal voorlopig tussen fase 2 en fase 3 wissel.
Dit volg na vyf opwekkingseenhede in die laaste 24 uur vir herstelwerk afgeskakel is. Daar was vertragings om twee van die opwekkingseenhede weer aan te sit.
Fase 2-beurtkrag sal ingestel word van 05:00 tot 16:00. Daarna sal fase 3-beurtkrag van 16:00 tot 05:00 geld.
Eskom het gesê enige veranderinge sal aangekondig word. Hulle moedig ook mense aan om krag spaarsamig te gebruik.
Bronne: The Citizen, BusinessTech, SABC
Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis



