Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hoethi-rebelle teiken VSA- en Britse skepe

JORDANIë. – Iran het ontken dat hulle betrokke was in ‘n hommeltuigaanval op ‘n Amerikaanse weermagbasis naby Jordanië, waarin drie VSA-soldate omgekom het. Dosyne is in die aanval beseer.

Die VSA blameer ‘n Iranse militante groep vir die aanval. Joe Biden, Amerikaanse president, het gesê hulle sal wraak neem.

Die Islamic Resistance-groep in Irak het verantwoordelikheid vir die aanval geneem. Irak se regering het die aanval veroordeel en gesê daar moet ‘n einde kom aan die siklus van geweld in die Midde-Ooste.

Bronne: BBC, The Guardian, Forbes

Lees ook: Hoethi-rebelle teiken VSA- en Britse skepe