‘Mak’ jakkals op Potchefstroom gevind

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – ’n Jakkals is Woensdag in Bailliepark, Potchefstroom deur ‘n dierewelsynsorganisasie gevang waarna sy na die Griffin-diererehabilitasiesentrum buite die dorp geneem is.

René Jordaan, wat in beheer van die rehabilitasiesentrum is, het gesê die jakkals sterk goed aan, al was sy vol bosluise. Volgens haar is die jakkals blykbaar gewoond aan hondekos, wat gewoonlik nie die geval is nie. Dit laat haar vermoed dat die dier deur inwoners op die dorp aangehou is.

Die jakkals gaan vir die volgende twee tot drie weke aansterk en gewig optel voordat sy in ’n veilige area vrygelaat kan word.

Bronne: Potchefstroom Herald, PAWS, Facebook