Swanger tieners kan nou tot op agt maande skoolgaan

Deel hierdie storie / Share this story

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ’n beleid oor die voorkoming en bestuur van leerderswangerskappe in skole bekendgemaak.

Volgens die beleid gaan dit voortaan verbode wees om swanger leerders uit skole te skors en voor- en na-natale sorg gaan ook aan die leerders beskikbaar gestel word.

Motshekga is van mening dat die departement voorkomend wil optree om ondersteuning aan leerders wat swanger is te bied en hulle in die skole te hou.

Daar sal van ‘n leerder wat ses maande swanger is, vereis word om ’n mediese sertifikaat in te gee. Die verwagte geboortedatum moet daarop aangedui word. ’n Dokter moet motiveer en bevestig dat dit nog vir die leerder veilig is om skool te gaan.

’n Swanger leerder sal toegelaat word om tot op agt maande skool by te woon indien sy ’n mediese sertifikaat het. Indien die leerder onder die ouderdom van 16 jaar is, moet dit by die polisie aangemeld word. Kriminele sake sal volg indien die baba se pa ouer as sestien is.

Motshekga het tydens die bekendmaking van die matriekresultate gesê swangerskappe is ’n groot oorsaak van vroeë skoolverlating.

Bronne: SABC, Politics Web