
Tsholofelo Joseph Motoane (Foto: AfriForum private vervolgingseenheid)
Schalk Pienaar, wyle prokureur van Mokopane in Limpopo, is op 19 September 10 keer in sy oprit geskiet nadat hy by die huis aangekom het.
Die Pienaar-familie word deur AfriForum se privaatvervolginseenheid verteenwoordig en het Fransie Pienaar en haar dogter Bardien Woensdag na die hofverrigtinge in die Mokopane-landdroshof vergesel. Die Pienaar-familie het vir die eenheid se verteenwoordiging gevra vir vordering in die saak.
Fransie het gesê haar oorlede man het in die regstelsel geglo: “He believed anyone had the right to be tried in court. You must have your day. And justice must be done. That’s all we want.”
Tsholofelo Joseph Motsoane is ongeveer ‘n maand later vir sy beweerde betrokkenheid by die moord in hegtenis geneem. sameswering om ‘n moord te pleeg, ander vuurwapen-verwante klagtes en daar word vermoed hy het die wegkommotor bestuur. Motsoane het weens mediese redes vir borg aansoek gedoen. Sy misdaadrekord het in die hof aan die lig gekom. Hy word as ‘n gewoontemisdadiger bestempel. Sy rekord dateer terug tot in 2003. Hy was aan verskeie misdade skuldig bevind waarvoor hy vonnisse uitgedien het. Dit sluit poging tot moord, roof en diefstal, asook ontsnapping uit wettige aanhouding in.
Die staat het borg vir Motsoane teengestaan en gesê dit is in besit van ‘n verklaring van Motsoane waarin hy ‘n bekentenis maak en ook ‘n verklaring van ‘n ooggetuie wat Motsoane se voertuig tydens die skietmoord op die toneel plaas. Die staat het aangevoer Motsoane sal moontlik vlug of met bewyse peuter sou hy borg toegestaan word.
Kapt. Ross Rossouw, die ondersoekbeampte, se verklaring wat op die hofrekord ingelees is, sê drie ander verdagtes is nog nie opgespoor nie en die moordwapen is nog nie gevind nie.
Aanklagte teen ‘n tweede verdagte is tydens die ondersoek teruggetrek.
Die hof sal Vrydag op Motsoane se aansoek op borg uitspraak lewer.
Die verhoor sal van 22 tot 26 Julie in die Polokwane-hooggeregshof plaasvind.
Fransie Pienaar sê die betrokenheid van AfriForum se private vervolgingseenheid stel haar gerus: “I understand he will not come back, no matter how hard it is for us. It is very difficult to go through this process, to relive every time I had him in my arms, and he was shot and I couldn’t stop the bleeding. But thanks again. I see that there is progress now that AfriForum represents us.”
Bron: AfriForum Private Vervolgingseenheid
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



