Video’s en foto’s in berig.
Francois van der Merwe (25) van die Bittereinders-jeugbeweging is gister tydens ‘n goedgekeurde, vreedsame optog op Groblersdal vir aanranding in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding tot sy borgaansoek op Donderdag 1 Februarie voorkom.
Willem Petzer sê Van der Merwe is nie van sy inhegtenisname ingelig nie, hy is beseer en na ‘n gesukkel laat gisteraand na die Hglotlou-staatshospitaal geneem.
Gister se optog, beplan deur Dries Olivier, oud-burgemeester van die dorp, het ten doel gehad om ondersteuning vir Piet Groenewald (63) en Stefan Greeff (27) sy stiefseun, van ‘n sekuriteitsmaatskappy, te wys wat gisteroggend vir ‘n formele borgaansoek in die landdroshof voorgekom het.
‘n Regstreekse video-opname van die hele voorval is op sosiale media beskikbaar en hier bo aangeheg.
‘n Roete vir die optog soos goedgekeur is deur die polisie verander toe die vreedsame groep verby die hofgebou wou beweeg. Daar was volgens Willem Petzer geen bedreiging wat probleme kon inhou nie. Petzer vertel Dries Olivier, wat bejaard is en onlangs ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het, het langs Van der Merwe gestaan waar hy rondgepluk is. Van der Merwe het vir die bejaarde Olivier ingetree en ‘n polisielid weggestamp. Donderbuise is in ‘n stadium afgesit.
In die video, kan gesien word hoe ‘n groep polisie- en metrobeamptes op Van der Merwe toesak. Daar kan gesien word hoe hy op die teeroppervlak lê en volgens Petzer kan op die foto’s wat aangeheg is gesien word hoe Van der Merwe geskop en getrap word. ‘n Metrobeamptes het volgens Petzer oor en oor op Van der Merwe se kop getrap. Daar is baklei om Van der Merwe by ‘n mediese fasiliteit te kry, aangesien hulle kopbeserings gevrees het.
Petzer vertel van die absolute haglike omstandighede van ‘n oorvol staatshospitaal en spreek respek vir die dokters in die betrokke omstandighede uit.
Volgens Petzer het verskeie regsfirmas reeds kontak gemaak om die saak van Francois van der Merwe teen die polisie te behartig. ‘n Advokaat van Pretoria het reeds vandag by die hofverrigtinge aangesluit.
Olivier kon ‘n saak van aanranding teen die polisie oopmaak. Dit is nie seker hoeveel sake tot op hede geregistreer is nie.
Kol. Malesela Ledwaba sê Francois van der Merwe (25) is vir aanranding en verhindering van die polisie in die uitvoering van hulle pligte in hegtenis geneem.
Ledwaba sê die saak is uitgestel vir verdere ondersoek wanneer die borgaansoek Donderdag sal plaasvind.
“It is alleged that on Wednesday 2024/01/24 the police blocked the route leading to the Magistrate’s Court building in Groblersdal as part of crowd control when the suspect who was accompanied by a group of people became unruly and confrontational , pushing their way marching towards the court. It was at the time when one of the members trying to bring about control, was violently pushed to the ground. The reinforcement from police came to their colleagues rescue and arrest the suspect.:”
Ledwaba sê Van der Merwe het ook ‘n klag van aanranding in Gauteng uitstaande.
Die polisie se ondersoek duur voort.
Lees Willem Petzer se verduideliking met foto’s hier onder aangeheg:
Ter inligting: Francois van der Merwe se borgaansoek is na die 1ste Februarie uitgestel omdat die Staat aanvoer hulle was nie gereed vir die saak nie.
My opinie is dat dit maar ‘n politieke spel is om vir ons Boere te wys wie is baas.
Ek glo nie die polisie het enigsins ‘n saak teen Francois nie, maar daar is reeds ‘n paar regsfirmas wat my genader het vir Francois se saak teen die polisie nadat hulle al die foto’s/video’s van die voorval gesien het.
Ek verduidelik presies wat gebeur het gedurende die voorval in detail in my video vroeër vandag, maar kortliks, soos u op die foto’s kan sien:
Foto 2: Hier kan u duidelik sien waar een van die polisiemanne vir Francois herhaaldelik skop terwyl hy op die grond vasgedruk word.
Foto 3: Hier kan u die verkeersbeampte sien (regs), wat herhaaldelik op Francois se kop getrap het terwyl die polisiemanne hom vashou.
Foto 4: Hier kan u sien hoe Francois oor die teer gesleep word.
Ons hou hom in ons gebede, en ons sit die stryd voort met alles in ons.
Ons kosbaarste Godgegewe geskenk op aarde is ons eie Volk, die bloed van ons bloed. Daarom sal ons nooit gaan lê nie.
God seën elke een van u!
(Foto’s kan in ‘n ander formaat geplaas wees!)




Foto’s: Willem Petzer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



