NOORDWES. – ‘n Babameisie, ongeveer vyf dae oud, is Maandagoggend in ‘n handdoek toegedraai in ‘n sak in Steve Bikostraat in Mmabatho gevind.
Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisie versoek hulp om die ouers van die baba op te spoor.
‘n Vrou het die betrokke oggend ‘n sak by ‘n heining gesien en ‘n baba hoor huil terwyl sy op pad was. Sy het ondersoek ingestel en op die baba in die sak afgekom.
Die baba is deur die vrou na ‘n kliniek geneem vanwaar sy na Mahikeng- provinsiale hospitaal geneem is.
Enigiemand wat weet waar om die ouers van die verlate baba op te spoor, kan konst. Bongani Ntshotsho by 076 247 5124 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



