KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is kritiek beseer nadat sy Dinsdagoggend omstreeks 11:00 op die N2-hoofsnelweg naby die Inanda-pad voor ‘n aankomende vragmotor gekniel en getref is.
Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics wou die vrou glo haar eie lewe neem en het in die pad gekniel. Die vragmotor het haar getref en nog ‘n vragmotor het agter in die betrokke vragmotor vasgery.
Jamieson sê paramedici het die kritiek beseerde vrou onder die vragmotor aangetref. Sy is gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal in Durban vervoer is.
Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie en RTI (Road Traffic Information Unit), wat op die toneel was, ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



