MPUMALANGA. – Akanyang Maite (2) het op 30 November 2020 gesterf na Vincent Chunky Phahlane (44) hom geskiet het. Phahlane is Donderdag tot lewenslank deur Mpumalanga-hooggeregshof gevonnis.
Volgens kol. Donald Mdhluli het Phahlane die betrokke dag sy pa se vuurwapen gesteel en na sy gewese meisie gaan soek waar sy by ‘n skool op Vaalbank gewerk het. Hy het haar gebel en gevra om huis toe te gaan. Sy het geweier en hy het lukraak skote op die skoolperseel geskiet. Hy is daarna na nog ‘n gewese meisie se huis waar hy die kleuterseun, haar nefie, ook geskiet het. Phahlane het ook tydens die voorval die meisie se tannie raakgeskiet, maar sy het oorleef.
Phahlane het van die toneel gevlug en die wapen die volgende dag aan sy oom oorhandig en hom gevra om dit
aan sy pa terug te besorg. Hy het daarna vir meer as ‘n maand weggekruip, voordat hy homself op 7 Januarie 2021 aan die polisie oogegee het. Hy is in hegtenis geneem waarna hy vir moord, poging tot moord, diefstal van ‘n vuurwapen, die besit van ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied aagekla is. Na drie maande in aanhouding het Phahlane in
April 2021 borg gekry. Hy het op 5 Junie 2023 op die klagtes skuldig gepleit en is weer in hegtenis geneem, waarop borg onttrek is.
Hy is lewenslank vir moord, poging tot moord agt jaar, diefstal sewe jaar, afvuur van ‘n vuurwapen in munisipale gebied sewe jaar, onwettige besit van ‘n vuurwapen sewe jaar en die onwettige besit van ammunisie ‘n verdere drie jaar gevonnis. Die vonnisse sal gelykertyd uitgedien word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



