Kleutermeisie (4) sterf aan ‘verstikking’

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Phologo Machaba (4) het Donderdag omstreeks 07:15 in Kauletsi-woonbuurt gesterf nadat sy glo aan ‘n maroelavrug verstik het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die kleuter was besig om saam met ‘n groep kinders te speel toe sy die maroela geëet het. Die vrug het in haar keel vasgesit en sy het glo verstik.

Ledwaba sê die kind is na Witpoort-hospitaal gehaas waar sy met aankoms dood verklaar is. Die Witpoort-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel