Polisielede kry borg vir ‘diefstal van staatseiendom’ – waarde R1 m.

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – AO Johannes Gerber en AO Lawrence Plaatjies, verbonde aan die eenheid vir veediefstal en bedreigde speisies op Graaff-Reinet, is gister elk op R500 borg vir die beweerde diefstal en besit van staatseiendom vrygelaat. Die saak, wat in die Graaff-Reinet-landdroshof aangehoor is, is tot 23 Februarie uitgestel.

AO Majola Nkohli sê die twee polisielede is na ‘n weeklange ondersoek deur ‘n span speurders van die provinsiale teen-korrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

Die twee beskuldigdes se privaat wonings is Donderdag omstreeks 06:00 met die nodige lasbriewe deursoek en staatseiendom ter waarde van meer as R1 miljoen is na bewering teruggevind.

Die goedere wat teruggevind is, sluit onder meer splinternuwe bande, ‘n vrieskas, yskas en dieselkragopwekkers in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel